Chris Pratt

Chris Pratt
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Christopher Michael Pratt
Geboorte 21 Junie 1979
Virginia, Minnesota (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur

Chris Pratt (gebore te Virginia, Minnesota, op 21 Junie 1979) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rol as Bright Abbott in meer as tagtig episodes van die TV-reeks Everwood (2002-06), asook sy rolle in films soos Wanted (2008) en Bride Wars (2009).

Pratt is op 21 Junie 1979 in Virginia, Minnesota gebore en groei in Lake Stevens, Washington op.[1] Hy trou op 9 Julie 2009 met aktrise Anna Faris. Hulle het een seun, Jack Pratt.[2]

  1. Fine, Audrey. "Getting to Know: Chris Pratt". Seventeen-tydskrif (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2014. Besoek op 25 Augustus 2012.
  2. Garcia, Jennifer (25 Augustus 2012). "Anna Faris Welcomes a Baby Boy". People-tydskrif (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2016. Besoek op 25 Augustus 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search